Jaarboeke

Akademiese geletterdheid (2) 120


 
Modulekode EOT 120
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud Die fokus op die insameling en verwerking van akademiese inligting word uitgebrei om ook deurlopende oefening in akademiese leesvaardigheid in te sluit. Studente se akademiese woordeskat word in spesifieke vakgebiede uitgebou. Akademiese luister-, lees- en skryfvaardigheid word in hierdie laaste module geïntegreer. Die hooffokus val op die generering van akademiese inligting by wyse van argumentatiewe skryfwerk; dit wil sê daar word gefokus op die voortbrenging van ’n akademiese diskoers wat rasioneel, samehangend, duidelik en presies is.
Modulekrediete 6.00
Diensmodules Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Fakulteit Teologie
Fakulteit Veeartsenykunde
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 lesings per week, 1 ander kontak per week
Onderrigtaal Aparte klasse vir Engels en Afrikaans
Akademiese organisasie Eenheid vir Akademiese Gelett
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences